STREET TEAMS & SUPER FANS KRY 20% AFSLAG OP ALLE MERCH, WORD DEEL VANDAG!

Straatligkinders is ʼn alternatiewe Suid-Afrikaanse Rock Band wat sedert 2006 diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf trap.

Bouwer Bosch, Hein Kruger, Ruan Kruger en Benjamin de Jager is kamerade in daad. Onder ʼn flikkerende straatlig langs ʼn donker pad in Potch het hierdie vier ouens ʼn Afrikaanse musiekrevolusie die lig laat sien.

Straatligkinders se lojale fans meen hierdie Suid-Afrikaanse Rock Band is soos om sop met ʼn te vurk eet. Jy kry nooit genoeg nie! Miskien is dit omdat hulle nie bang is vir heilige koeie nie en hulle harte op hulle check-hemde en retro T-shirts se moue dra.

Hierdie populêre Suid-Afrikaanse Rock Band maak nie verskonings nie en wil dinge anders doen. Om dié rede is hulle lirieke, ritmes en aanslag beslis nie lig in die broek nie. Dis passievol en verskuif grense.

Hou gerus hierdie vuurtoring in Suid-Afrikaanse musiek dop, want Straatligkinders is beslis nie hier om stil te bly nie.

 

 



 

ALBUM VRYSTELLINGS

 

Straatligkinders is bekend vir hul liedjies ‘Kan ek met jou dans’ en ook hul eie weergawe van Kurt Darren se treffer ‘Kaptein ’. Straatligkinders het reeds 6 studio albums opgeneem en 62 oorspronklike liedjies geskryf uit die pen van Bouwer Bosch, die groep se voorsanger en liriekskrywer. Benjamin de Jager (elektriese kitaar), Ruan Kruger (tromspeler) en Hein Kruger (baskitaar) is die groep se musiekskrywers.

 

 

TOEKENNINGS

 

Die groep het al ses toekennings en talle nominasies opgeraap by die land se vooraanstaande toekenningsgeleenthede.

 

  • ATKV Lier-toekenning, 2007 (Bloeisels)
  • Sondag VAMT, Beste Alternatiewe Album, 2008 (Bloeisels)
  • MK toekenning, Beste Groep, 2009
  • Vonk Afrikaanse Musiek toekenning, Beste Geestelike Album, 2009 (Sweef soos ʼn Vuishou)
  • Vonk Afrikaanse Musiek toekenning, Beste Alternatiewe Album, 2009 (Sweef soos ʼn Vuishou)
  • Ghoema toekenning, Beste Rock Album, 2013 (Konings met Verskonings)



  • Bouwer Bosch het ʼn passie vir die kunste, maak nie saak in watter vorm dit kom nie. Sy lewe het verander die dag toe ek deel van Straatligkinders geword het. Hy hou van liedjies skryf, podcasts opneem, films maak en hou ook daarvan om sy grapjas aan te trek. Hy glo ons kan die wêreld verander deur net ʼn klein bietjie liewer vir jou medemens te wees.

    Vir meer oor Bouwer kliek op die skakels.

           


    Benjamin de Jager hou van harde kitaar riffs. Hy hou ook so baie van diere dat hy hulle nie eers eet nie. Hy daag almal uit om hom te quiz oor sy bisarre fassinasie met karre!

    Hy maak al van 2000 af musiek en het sy eerste band, Play Time Raid, op ouderdom 14 gehad.  Hy is ‘n musiekskrywer en die beste song wat hy nog geskryf het, is “Kan ek met jou dans”.

    Hy speel ook vir die band Moses Metro Man waar Jako Meyer die voorsanger is. Hy is getroud met Tanya en hulle het ‘n Bull terrier met die naam Max. Benjamin het 'n cool troeteldier winkel Easy Aquariums & Pets wat hy uit Potchefstroom bedryf.

    Vir meer oor Benjamin kliek op die skakels.

       

    Ruan is ʼn dromspeler en dromleermeester. Hy het ook ʼn passie vir besigheid en soek altyd nuwe besigheid geleenthede om op die been te bring.

    Hy het homself leer dromme speel op die ouderdom van 19. Na twee maande het hy sy eerste show gespeel en dadelik geweet hy gaan dit as deel van sy lewe doen. Hy is vreeslik gelukkig om steeds deel van Straatligkinders te wees en is dankbaar vir die fans wat nog na hulle luister!

    Vir meer oor Ruan kliek op die skakels.

       

    Hein Kruger aka Hein_Takes_Photos!, geniet fotografie en doen graag leefstyl fotografie oor naweke. Hy is ook ʼn ambassadeur vir Instax. Hy speel baskitaar vir die band I Believe In Giants asook vir Straatligkinders. Vir hom is dit ʼn kreatiewe high interval training sessie (as jy weet wat hy bedoel ;). Hy geniet films, sport en musiek. Sy playlist strek van Hatebreed reg deur tot by Taylor Swift. Hy is verskriklik lief vir koffie, sjokolade en veral grondboontjiebotter.

    Vir meer oor Hein kliek op die skakels.